Daar is beslag gelê op onwettige sigarette ter waarde van meer as R7 miljoen tydens ’n samewerkingsoptrede tussen die polisie en die Suid-Afrikaanse inkomstediens (SAID) by ’n pakhuis in Welkom.
Lede van die Welkom K9-eenheid het inligting ontvang oor ’n buitelander wat onwettige sigarette met ’n wit Toyota Camry versprei.
Inligting is op Vrydag 27 September deur die Welkom-polisie saam met die SAID geoperasionaliseer. Daar is berig dat die sigarette in verskillende stooreenhede by Cedar Park Centre in Welkom geberg word.
Die span het ’n soektog by die stoorgeriewe gedoen en gevind dat 787 bokse onwettige sigarette ter waarde van R7 083 000 000, ’n DVR-hardeskyf en ’n faktuurboek besit.
Twee manlike verdagtes, onderskeidelik 32 en 29 jaar oud, is in hegtenis geneem vir die besit van onwettige sigarette.