Miljoene rande se bates wat deur misdaad bekom is aan Lesotho teruggegee

Een huis en twee meenthuise met ’n gesamentlike waarde van R2 miljoen en R5 miljoen is onlangs aan die owerhede in Lesotho oorhandig. Dié geld is verkry uit die opbrengs van misdaad.


Een huis en twee meenthuise met ’n gesamentlike waarde van R2 miljoen en R5 miljoen is onlangs aan die owerhede in Lesotho oorhandig. Dié geld is verkry uit die opbrengs van misdaad.

Tydens ’n oorhandigingseremonie op 3 November in Bloemfontein is die volgende bates aan die Lesotho-owerhede oorhandig. R5 miljoen kontant, een huis ter waarde van R1 miljoen, twee meenthuise ter waarde van ’n kumulatiewe R1 miljoen, en drie voertuie (Audi A5, Golf 6) , BMW X1).

Ondersoeke na diefstal, korrupsie en geldwassery duur voort en nog inhegtenisnemings word verwag. Tot dusver is R28 miljoen verhaal.

Die bates is gekoop met die opbrengs van ’n finansiële bedrogspul van R57 miljoen wat veroorsaak het dat die regering van Lesotho geld verloor het.

Verskeie persone in Suid-Afrika en binne die regering van Lesotho, het wanvoorstellings gemaak wat daartoe gelei het dat die Sentrale Bank van Lesotho (SBL) bedrieg is en geld in verskillende Suid-Afrikaanse banke inbetaal is. Lesotho-owerhede het agentskappe in Suid-Afrika gevra om die ondersoek te begin, geld op te spoor asook bewarings- en verbeurdverklaringsbevele uit te reik.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.