Hierdie foto is op Sondag 6 April om 10:42 by die Sandrivierbrug op die R30 tussen Welkom en Virginia by Blaawdrift geneem. Die 200km-lange Sandrivier vloei sterk en baie plaaslike hengelaars se gunstelling-hengelstaanplekke langs die rivier af is onder water. Foto: Gene Morrison

Wanneer goeie reën oor die Goudveld uitsak, kry dié asemrowende waterval by The Swallows in Virginia nuwe lewe. Tussen 1 en 7 April het sowat 113mm reën oor dié gebied geval, en Blaawdrift en die Sandrivier vloei sterk. Teen Sondag was die Vaaldam se watervlak 109% en Bloemhofdam was 107%. Vloedwaarskuwings is in dié gebiede uitgereik.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Untitled post 265989
    Vista E-edition 10 July 2025