Meloding-inwoners verdagtes in moordsaak

Die bylmoord van ’n elfjarige meisie en die daaropvolgende dood van haar beweerde moordenaar deur gemeenskapsgeweld het skokgolwe deur Stilte Park in Meloding gestuur.

Dit word vermoed dat ’n elfjarige meisie se kop met ’n byl oopgekloof was, en haar beweerde aanvaller deur gemeenskapslede vermoor is. Foto: Adobe Stock


Die bylmoord van ’n elfjarige meisie en die daaropvolgende dood van haar beweerde moordenaar deur gemeenskapsgeweld het skokgolwe deur Stilte Park in Meloding gestuur.

Die slagoffer, Nthabiseng Motsoaosile, is op 16 Maart vermoor. Dit word vermoed haar kop was met ’n byl oopgekloof. Met die aankoms van die Meloding-polisie was die liggaam in ’n plas bloed gevind, en met ’n kombers bedek.

Daar was ’n groep gemeenskapslede teenwoordig. Nthabiseng se pa is ondervra en het haar liggaam uitgeken. Nooddienste was ontbied en het haar op die toneel dood verklaar.

Die verdagte is na bewering agtervolg tot waar hy weggekruip het. Gemeenskapslede het hom toe doodgemaak. Die polisie ondersoek ’n saak van dubbelmoord.

“Inwoners word streng gewaarsku om nie die reg in eie hande te neem nie, maar mense wat vermoedelik verdagtes is, oor te gee sodat ’n deeglike ondersoek gedoen kan word,” sê kapt. Stephen Thakeng, skakelbeampte van die polisie in Lejweleputswa.

Die polisie is op soek na verdagtes in verband met die moord van die man. Enigiemand met inligting moet die Stop Misdaad nommer by 08600-10111 of MySAPS App anoniem kontak.

You need to be Logged In to leave a comment.