Meer as 1 500 neem deel aan vreedsame optog

Die optog Maandag deur die strae


Meer as 3 000 mense het Maandag (31/05) aan die vr

Meer as 3 000 mense het Maandag (31/05) aan die vreedsame optog om Speelman as burgemeester van Matjhabeng te verwyder deelgeneem.
'n Vreedsame optog om die burgemeester van matjhab

‘n Vreedsame optog om die burgemeester van matjhabeng te verwyder is Maandag in Welkom gehou.
Hulle het ‘n memorandum aan die speaker van Matjh

Hulle het ‘n memorandum aan die speaker van Matjhabeng Bheke Stofile, die Hoof uitvoerende beampte van Cogta, Mokete Duma, en ‘n verteenwoordigers van die provinsiale ANC struktuur, Kenalemang Mohale and Kenalemang Phukuntsi .Top lede van die ANC op proviniale en nasinale vlak was
Die organiserders van die vreedsame betoging is or

Die organiserders van die vreedsame betoging is organisers Pule Maile and General Matshai
Ons eis dat:
  • Dat heer Speelman met onmiddellike ingang bedank, of uit sy amp verwyder word.
  •  Dat ‘n waarnemende burgemeester aangestel moet word wat alle probleme rakende dienslewering sal hanteer.
  • Dat alle bewerings van korrupsie tussen die burgemeester en sakelui ondersoek word
  • Dat dienslewering aan die gemeenskappe vooropgestel word.
  • Dat alle werwingsprosesse gestaak moet word en dat ‘n geloofwaardige proses wat deursigtig is en inwoners van Matjhabeng sal akkommodeer, oorweeg moet word.
  • Dat die eerste prioriteit vir die poste van alle vakante senior bestuurders (korporatiewe dienste, LED en menslike nedersettings) gegee word aan ‘n geskikte gekwalifiseerde inwoner van Matjhabeng, indien ‘n kandidaat nie gevind word nie, moet die munisipaliteit elders gaan soek.
  •  Ondersoek of moontlike lê van klagtes teen die burgemeester oor bewerings van die gesteel van munisipale trekkers na Oos-Kaap.
  • Die burgemeester en die raadslid wat betrokke is by die aanstelling van sakelui sonder om die behoorlike proses te volg, moet daardie mense betaal.
  • Houers wat na bewering deur die burgemeester by Manny’s geneem word, moet onmiddellik aan die eienaars terugbesorg word.

    Ter afsluiting dien ons hiermee hierdie MEMORADUM in met die oortuiging dat daar dadelik op die eise van die gemeenskap gereageer sal word. Ons gee die leierskap veertien (14) dae om die antwoorde te ontvang. Met die UITDRAG-eis wil ons egter beklemtoon dat HY ONMIDDELLIK MOET BEDANK EN GAAN

Honderde besighede, skole, en instansies in Welkom en Thabong het uit vrees vir geweld en misdaad hulle deure tydens die vreedsame optog om die uitvoerende burgemeester van Matjhabeng, Nkosinjani Speelman te verwyder, gesluit.

Vals gerugte wat op sosiale media oor die naweek versprei is, het die angs van inwoners vererger.Meer as 1 500 betogers het  Maandag 31/05 aan die vreedsame optog deelgeneem.

Geen voorvalle is aangemeld nie en niemand is beseer nie.Die polisie het ‘n groep oproeriges in Thabong vroegoggend vir openbare geweld in hegtenis geneem. Dié mense was deel van die “behou Speelman-faksie.”‘n Splintergroep van net meer as 50 betogers van dié  faksie het in die veld oorkant die munisipale gebou betoog. Dié betogers wou  haaks raak met die wettige betogers wat toe voor die munisipale gebou bymekaar gekom het. Die polisie het onmiddelik tussenbeide getree en die situasie ontlont.

Daar was deurentyd ‘n sterk polisie teenwoordigheid en verskeie eenhede van Bloemfontein en Gauteng is ingeroep om die vrede te handhaaf.

‘n Groep van sowat agt polisiemanne en vroue het in ‘n ry voor die betogers beweeg en het deurentyd die hele afstand uit Thabong pas gehou met die bewegende groep.

Ons wil almal wat aan hierdie optog deelgeneem het, bedank. Hulle het die hoogste vorm van dissipline gehanthaaf. Ook aan die polisie wat ons beskerm het, en seker gemaak het dat ons nie aangeval word deur diegene wat die optog wou teenwerk nie. Ons wil ook die blanke gemeenskap bedank. Hulle het nie deelgeneem nie, maar het ons met logistiek ondersteun. Maar ons wil die gemeenskap verseker dat as die burgemeester nie gaan nie, gaan ons Matjhabeng “sluit.” – Joseph Molangeni, een van die organiseerders

Die Matjhabeng-gemeenskapstigting het die wettige betoging georganiseer.Hulle het ‘n memorandum aan die speaker  van Matjhabeng, Bheke Stofile, die hoof uitvoerende beampte van Cogta, Mokete Duma, en Kenalemang Mohale and Kenalemang Phukuntsi,  verteenwoordigers van die provinsiale ANC-struktuur  oorhandig. Top- lede van die ANC op proviniale en nasionale vlak was ook teenwoordig. 

Die stigtinglede eis dat Speelman binne 14 dae moet bedank, of daar sal reperkussies wees.

Die boodskap in die memorandum is duidelik: “Ons as inwoners van die Matjhabeng-munisipaliteit, wat uit ses dorpe bestaan, is onderwerp aan marteling, mishandeling en beledigings van die burgemeester van die  Matjhabeng-munisipaliteit. Ons kom hier as ses dorpe, bestaande uit 36 wyke, bymekaar om ‘n memorandum te oorhandig. Die memorandum bevat Inligting wat dui op die ondoeltreffende en oneffektiewe maniere om politieke leierskap te lewer, wat lei tot die ineenstorting van die lewering van fundamentele dienste aan almal binne die Matjhabeng-munisipaliteit.

Die stigtinglede eis dat Speelman binne 14 dae moet bedank, of daar sal gevolge  wees.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.