Volksblad, moederkoerant van Vista, sal weer gehaltediens aan sy lesers bied met die publisering en verspreiding van 2018 se matriekuitslae in die Vrystaat en Noord-Kaap.
Die uitslae word op 3 Januarie bekend gemaak en Volksblad vra skole se samewerking om te verseker dat hul toppresteerders se prestasies die koerant haal en gepaste erkenning kry.
Skole wat verwag dat van hul leerlinge ses of meer onderskeidings kan behaal, moet dié leerlinge se naam, eksamennommer en kontaknommers met aangehegte foto’s aan Volksblad stuur.
’n Kontaknommer van ’n verteenwoordiger van die skool moet ook verskaf word.
Dit is belangrik dat al die inligting voor Vrydag (19/10) per e-pos na matrieks@volksblad.com of na kaydene.jordaan@24.com gestuur word.
Bel Kaydene Davids by 051-404-7890 met navrae.