Die Hoërskool Hennenman spog nie net met ‘n 100% slaagsyfer nie, maar een van hulle leerlinge, Louan Kotze, het agt onderskeidings behaal en is in die Top 50 van matrikulante in die Vrystaat vir 2025. Die skool verkry ‘n 76,5% universiteitstoelating, met ‘n klasgemiddeld van 60,5%. Kotze is die skool se toppresteerder met ‘n gemiddeld van 89,9 %.
Tweede in die graad is AJ Pitzer met vier onderskeidings en ‘n gemiddeld van 79,4%, en derde is Danika Swartz met vier onderskeidings en ‘n gemiddeld van 78,3%.
Ander presteerders in die skool is Julie-Ann van Schalkwyk, Franco Marx, Ansoney van der Westhuizen en Karlien Lubbe met twee onderskeidings elk.
Louelle Botha, Keatlehile Dhlamini, Tony Gomes, Nadia Grobler, Kaylie Klopper, Chelinke Matthysen, Fumane Moiloa, Rethabile Motsoaledi, Morgan Ransome, Christopher Visser en Corné van Wyk het een onderskeiding elk behaal.
Sewe leerders het ‘n gemiddelde B-simbool behaal en 16 leerders ‘n gemiddelde C-simbool. “Ons matrieks het ook as ‘n groep 43 A-simbole, 63 B-simbole en 90 C-simbole behaal. Baie geluk aan ons personeel en matrieks met hierdie uitstekende uitslae. Ons is baie trots op julle,” sê Brenda Hoffman, skoolhoof. Kotze kry onderskeidings in Afrikaans huistaal, Engels eerste addisionele taal, wiskunde, fisiese wetenskappe, lewenswetenskappe, rekeningkunde, LO en RTT; Pitzer kry onderskeidings in LO, landboutegnologie, IGO en RTT; Swartz kry onderskeidings in Engels eerste addisionele taal, LO, toerisme en besigheidstudies; Myburgh kry onderskeidings in Afrikaans huistaal, Engels eerste addisionele taal, LO en lewenswetenskappe; en Steyn kry onderskeidings in Afrikaans huistaal, Engels eerste addisionele taal, LO en toerisme.

Goudveld-Hoërskool in Welkom spog met ‘n slaagsyfer van 99,3% en 81,3% universiteitsvrystelling. Die skool spog met 93 onderskeidings en 97,7% het toelating tot tersiêre studies gekry.
Topleerder Edrich Cronje kry ses onderskeidings in Afrikaans, Engels, lewenswetenskappe, rekeningkunde, wiskunde en lewensoriëntering; Jaco de Bruyn kry vyf onderskeidings in Afrikaans, Engels, rekeningkunde, RTT en lewensoriëntering; Nadie Prinsloo kry vyf onderskeidings in Afrikaans, Engels, lewenswetenskappe, rekeningkunde en lewensoriëntering; Mianique Lombaard kry vyf onderskeidings in Engels, verbruikerstudies, wiskunde geletterdheid, toerisme en lewensoriëntering.
Welkom-Gimnasium spog met ‘n 95,5% slaagsyfer, met 204 vakonderskeidings van 200 kandidate. Tien kandidate het A-gemiddeld in die 2025-eindeksamen gekry, en 71% van die matriekkandidate kry toelating tot graadstudies.

Dié skool spog met twee leerders met sewe A’s, een leerder met ses A’s, vyf leerders met vier A’s, agt leerders met drie A’s, twintig leerders met twee A’s en 75 leerders met een A. Die skool se toppresteerders sluit in: Karabo Ralile het sewe onderskeidings gekry. Haar vakke is Afrikaans, Engels, wiskunde, lewensoriëntering, rekeningkunde, lewenswetenskappe en fisiese wetenskappe.
Wilie van Zyl het sewe onderskeidings in Afrikaans, Engels, wiskunde, lewensoriëntering, RTT, ekonomie en fisiese wetenskappe.
enché Roelf behaal 6 onderskeidings in Afrikaans, Engels, lewensoriëntering, rekeningkunde, ekonomie en besigheidsstudies.
Ivan Graaff behaal vyf onderskeidings in Afrikaans, wiskunde, lewensoriëmtering, rekeningkunde en RTT; Lesedi Langa behaal vyf onderskeidings in Afrikaans, wiskunde, lewensoriëntering en RTT; Melandrie Schwarts behaal vyf onderskeidings in Afrikaan, Engels, lewensoriëntering, rekeningkunde en lewenswetenskappe; Chanté Serfontein behaal vyf onderskeidings in Afrikaans, Engels, lewensoriëntering, rekeningkunde en lewenswetenskappe.




You must be logged in to post a comment.