Ongelukkige inwoner, Matjhabeng:
Burgemeester, jy en jou trawante kry groot salarisse.
In die vorige bedeling het die burgemeester en sy bestuur geen geld ontvang nie, maar hulle moes sorg dat die stad reg bestuur word.
Vanaf die naasmooiste stad in Suid-Afrika tot die vuilste stad.
Jy het seker nie geruik hoe woonbuurte in Matjhabeng ruik nie en nou ’n drywende riooleiland is nie, want julle beweeg nie rond tussen die inwoners nie.
Welkom was ’n stad, maar nou kan jy dit nie eens ’n dorp noem nie. Niemand wil meer in die vervalle dorp woon nie. Besighede maak toe en die inwoners van Welkom trek weg, maar wat doen julle om te help? Hoegenaamd niks behalwe om almal geldelik te verwurg vir groter salarisse vir jul bestuurslede nie.
Voor die verkiesing belowe julle skoon water en dat riole herstel sal word.
Dis jammer dat julle ’n skande is vir die inwoners van Welkom. Ek was lank voor julle in Welkom.