Matjhabeng se oudste inwoner sterf

Seithuti Adelina Monokoane, een van Matjhabeng se oudste inwoners, is een dag ná haar 104 de verjaardag oorlede. Sy het op 1 Julie 104 geword, en is Saterdag (02/07) aan servikale kanker dood.


Seithuti Adelina Monokoane (104), een van Matjhabe

Seithuti Adelina Monokoane (104), een van Matjhabeng se oudste inwoners, is Saterdag (07/02) twee dae ná haar 104de verjaardag dood.

Matjhabeng se oudste inwoner, Seithuti Adelina Monokoane, is een dag ná haar 104 de verjaardag oorlede.

Sy het op 1 Julie 104 geword en is Saterdag (02/07) aan servikale kanker dood. Sy was nie lank siek nie. 

Seithuti het in die meer as ‘n eeu wat sy geleef het, die wêreld in oorlog en vrede ervaar.  Gebore vier maande voor die einde van die Eerste Wêreldoorlog, het sy die Tweede Wêreldoorlog deurleef. Sy het geleef om te sien hoe verandering in Suid-Afrika gebeur. Sy was deel van die eerste demokratiese verkiesing in Suid-Afrika in 1994.

Seithuti is gebore op 1 Julie 1918 by Marantha in Odendaalsrus. In 1954 tree sy hier in die huwelik met Marakgake Kampioen Monokoane. Die egpaar verhuis na Koos Maria Plaas naby Bronville  en ‘n paar jaar later het hulle na die plaas Long Theunessien verhuis. Sy het later teruggetrek Thabong toe.

Die egpaar het twee kinders gehad, Selloane Pan (68), wat in Odendaalsrus woon en Oupa Monokoane (64), wat in Thabong woon, agt kleinkinders, 14 agterkleinkinders en ‘n  agteragterkleinkind.

Haar man is in 1997 oorlede.

Seithuti het tot onlangs in die informele nedersetting 2010 gewoon.

In 2021 is Seithuti vir Covid-19 behandel. Vanjaar is servikale kanker by haar gediagnoseer. Sy het baie siek geword en moes by haar dogter Selloane in K5, Odendaalsrus gaan woon. Dit is hier waar sy Saterdag dood is.

Sy word Saterdag (09/07) om 07:45 vanuit haar ou huis by 1801 New Stands begrawe. Dan sal die begrafnisstoet om 08:00 na die Laerskool Dr Mngoma, Thabong beweeg.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.