Die Matjhabeng-munisipaliteit het die afgelope jare die erge skade aan munisipale infrastruktuur gedra.
Die langdurige uitdaging is vererger deur die onwettige mynbedrywighede wat deur zama-zamas in die omgewing uitgevoer word.
Tydens ’n veiligheid- en sekuriteitsindaba verlede week (15/09) in Matjhabeng, het die minister van binnelandse sake (Lesotho) eerw. Motlalentoa Letsosa het die bergkoninkryk se bereidwilligheid aangedui om met die munisipaliteit saam te werk om met ongedokumenteerde Lesotho-burgers te help en om die risiko’s daarvan aan te spreek.
“Ons is bewus van die kriminele aktiwiteite wat deur ongedokumenteerde Lesotho-burgers gepleeg word, aangesien dit moeilik is om op te spoor en ons doen ’n beroep op hulle om by die wette van hierdie land te hou,” het hy gesê.
Die minister het ook bygevoeg dat hulle gesig- en vingerafdrukherkenning doen om ongedokumenteerde Lesotho-burgers in die land op te spoor en te verminder.
Sedert November 2021 poog die nuwe administrasie met gesamentlike pogings om dié gebied van kriminele aktiwiteite skoon te maak en die veiligheid van sy inwoners en infrastruktuur te verseker.
Die werwing van nuwe sekuriteitsbeamptes poog om kriminele aktiwiteite hier te stuit.
Die nuwe sekuriteitsbeamptes en ondersoekbeamptes sal saam met huidige personeel werk om munisipale infrastruktuur teen diefstal, vandalisme en sabotasie te beskerm.
Sedert samewerking met die polisie is hierdie misdade verminder aangesien daar meer oë en ore op die grond is en dit het gelei tot ’n meer proaktiewe benadering.
Die Vrystaatse premier, Sefora Ntombela het die span van Matjhabeng met hierdie stap om die gebied van misdaad te bevry en die veiligheid van al sy inwoners te verseker, gelukgewens. “Ons moet dit gebruik om verhoudings tussen die regering, belanghebbendes en gemeenskapslede te hernu en Matjhabeng as ’n katalisator gebruik om die inisiatief deur die breër Vrystaatse provinsie te versprei.”