Matjhabeng-burgemeester beskuldig ná hy munisipale personeel misbruik

Die uitvoerende burgemeester van die Matjhabeng plaaslike munisipaliteit word daarvan beskuldig dat hy munisipale personeel misbruik om gedurende amptelike ure aan ANC-verwante aktiwiteite deel te neem en ook om munisipale hulpbronne hiervoor te gebr


Die uitvoerende burgemeester van die Matjhabeng plaaslike munisipaliteit word daarvan beskuldig dat hy munisipale personeel misbruik om gedurende amptelike ure aan ANC-verwante aktiwiteite deel te neem en ook om munisipale hulpbronne hiervoor te gebruik.

“Dit is onaanvaarbaar, veral as in ag geneem word dat hierdie amptenare deur inwoners se bydraes vergoed word.

’n Stemopname het opgeduik waarin gehoor word hoe Thanduxolo Khalipa (uitvoerende burgemeester) aan sy kantooramptenare oordra dat betrokkenheid by ANC-aktiwiteite noodsaaklik is vir hul rolle binne die uitvoerende burgemeester se kantoor.

“Hierdie standpunt staan sterk in kontras met die burgemeester se openbare bewerings dat die administrasie geprofessionaliseer en gedepolitiseer word om voorsiening te maak vir alle Matjhabeng-inwoners,” sê dr. Igor Scheurkogel, wyk 35-raadslid.

Sedert hy in 2021 sy amp aanvaar het, het Khalipha deurgaans sy verbintenis tot die depolitisering van munisipale bedrywighede uitgespreek, en om dienslewering aan Matjhabeng se tariefbetalende inwoners te prioritiseer.

Soos onlangs in die gewone raadsitting op 26 Maart herbevestig is, het die burgemeester die afwesigheid van kaderontplooiing in Matjhabeng beklemtoon.

Tussen 29 Januarie en 8 April, wat oor 11 weke strek, het inwoners van Matjhabeng probleme met dienslewering gehad weens die optrede van munisipale werknemers en die ANC se politieke leierskap.

Die gemeenskap dra die swaarste aan onvoldoende leiding van die Matjhabeng-ANC-leierskap om munisipale uitdagings die hoof te bied.

Scheurkogel sê hy sal ’n formele klag by die speaker van Matjhabeng, Cllr Bhekumuzi Charles Stofile, wat ook die president van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Plaaslike Regering (SALGA) is, indien om te verseker dat ’n ondersoek na die burgemeester se optrede gedoen word.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.