Hy is miskien 15 jaar oud, maar hy weet van swartbal-potspel speel.
Juandré de Bruin is vir die o.18-span gekies wat in Augustus MarokkoMoroco toe gaan.
Hy speel al van kleins af swartbal-potspel, het in 2021 inaan kompetisies begin deelneem en was uit die staanspoor bobaas in sy sport.
Juandré het in 2021 en 2022 in die o.23-ouderdomsgroep inaan die Suid-Afrikaanse kampioenskap deelgeneem. Vanjaar het hy inaan die Suid-Afrikaanse o.18-kampioenskap by die Tempe Cue Sport Academy in Bloemfontein deelgeneem, waar hy ’n agtste plek behaal het.
Die Suid-Afrikaanse span sal van 8 tot 15 Oktober na TangierTanger, Marokko, gaan, waar Juandré in die dubbel- en enkelspel sal meeding. Weens Covid-19 kon geen van die swartbal-potspelers twee jaar lank internasionaal meeding nie. Dit is Juandré se eerste internasionale kompetisie.
Op vanjaar se Suid-Afrikaanse byeenkoms het hy twee silwer en een goud gekry. Sy afrigter is Petrus Welgemoed van Welkom. Juandré is ’n lid van die Lejweleputswa Blackball Federation, wat met die National Blackball Federation geaffilieer is. Hy is die seun van Jaco de Bruin en sy vrou Magdalena. Sy boetie JP speel ook swartbal-potspel en het op die Suid-Afrikaanse kampioenskap in die o.23-afdeling deelgeneem.
Om sy droom te verwenselik moet Juandré R35 000 bymekaarmaak vir die BI World Blackball Championships in MoroccoMarokko in Oktober. Navrae kan gerig word aan sy pa by 073-296-5782.