Mark verdryf koue weer

Drie vroue, Salomé Geyser, Melissa Maritz en Wilmien Godfrey, het ’n droom gehad om iets vir die Goudveld se gemeenskap te doen en só is die jaarlikse Welkom Wintermark gebore.

Die drie organiseerders van die Welkom Wintermark is van links Salomé Geyser, Wilmien Godfrey en Melissa Maritz.Foto: Verskaf

Credit: SYSTEM

Drie vroue, Salomé Geyser, Melissa Maritz en Wilmien Godfrey, het ’n droom gehad om iets vir die Goudveld se gemeenskap te doen en só is die jaarlikse Welkom Wintermark gebore.

Dié mark, wat vanjaar ’n tweede keer aangebied word, bied iets vir oud en jonk.

Die mark word van 31 Mei tot 3 Junie by Salt and Pepper in Derde Straat, Welkom, gehou.

Vanjaar het die stalletjies verdubbel, en die organiseerders het gepoog om dit meer toeganklik vir almal te maak.

Daar is ook meer vermaak vir kinders, soos soos “gel blaster”-aktiwiteite, gesigverf, Olaf – en vele meer is by die program ingesluit.

Die mark is gerig op entrepreneurs wat hul produkte uitstal en só hul ondernemings aan markgangers bekendstel.

Verskeie Goudveldse skole bring hul kore na die mark om besoekers te vermaak, en kuns­uitstallings sal boonop ander talente van leerlinge ten toon stel.

Ook op die program is die room van Suid-Afrikaanse musikante, wat insluit Nicholis Louw, Eloff en Rudo Schwim.

Daar is ook ’n teetuin waar moë bene vir ’n wyle kan ontspan en mark­gangers met ’n warm koppie tee in die hand kan gesels.

Die produkte van ’n verskeidenheid kosstalletjies, asook aandetes, sal teen bekostigbare pryse te koop aangebied word.

Besoekers kan hulle ook by die hek inskryf om die kans te staan om R5 000 kontant te wen. Kinders 18 jaar en jonger kan hulle nie hiervoor inskryf nie.

“Vier dae lank gaan die Goudveld gons met ’n mark wat oor ’n koppie koffie gebore is,” sê Geyser.

You need to be Logged In to leave a comment.