Mark nou maandeliks

’n Franse mark word Saterdag (05/02) by Villa Avianto in Kwaggafontein, Bloemfontein, aangebied.


’n Franse mark word Saterdag (05/02) by Villa Avianto in Kwaggafontein, Bloemfontein, aangebied.

Volgens Suretha van Heerden, mede-eienaar van Villa Avianto en organiseerder van die mark, gee dit mense die geleentheid om uit die gejaagde lewe weg te kom en die mooi van die lewe te geniet.

Dit word al sedert 2008 gereeld aangebied, en gaan van Februarie tot November maandeliks plaasvind.

Die mark word gekenmerk deur Franse vlae en Eifeltorings wat oral te sien is, asook die reuk van vars gemaalde koffie en varsgebakte sjokolade croissants. Daar word gefokus op gehalteprodukte wat deur plaaslike én nasionale uitstallers en kunstenaars ontwikkel word.

Bloemnuus, soos Vista ook ’n gemeenskapskoerant van Sentraal24, is die mark se mediaborg vir die jaar.

  • Belangstellendes kan Villa Avianto se Facebook-blad @villa_avianto.com volg of webblad villa-avianto.co.za besoek.
Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.