Die Amari-skool in Welkom bied op Vrydag 2 Augustus ’n mark op die skoolterrein aan om geld in te samel vir die opknapping van die skool se koshuis.
Dié mark, wat ’n wye verskeidenheid produkte te koop aanbied, sal van 08:30 tot 11:00 plaasvind.
Die skool is in Arraratstraat, Dagbreek, geleë. Kontak die skool by 057-352-8463 vir meer inligting.