Mans in hof ná ontvoering

Die Welkom-polisie het drie mans vir die ontvoering van ’n 26-jarige man in hegtenis geneem.


Die Welkom-polisie het drie mans vir die ontvoering van ’n 26-jarige man in hegtenis geneem. Hy is vrygelaat nadat daar ’n R30 000 losprys betaal is.

Die man is op 19 Julie in Thabong ontvoer, en na ’n intensiewe ondersoek, het lede van die Welkom POP, Thabong Taakspan en Thabong Ernstige en Geweldsmisdade lede die drie verdagtes op 24 Julie in hegtenis geneem.

Die verdagtes tereg op ontvoering, aanranding GBH, sameswering om ’n misdaad te pleeg, die besit van ongelisensieerde ammunisie en onwettige immigrasie.Relebohile Johannes Majoa (20), Rethabile Lebajoa (20) en Teboho Olifant (26) het op 26 Julie in die Welkom-landdroshof verskyn en die saak is tot 6 September vir verdere ondersoek uitgestel.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.