A man was arrested for being in possession of Khat drug plants worth R2.4 million.

SAPS

’n Man is in hegtenis in geneem weens die besit van khat-dwelmplante ter waarde van R2,4 miljoen.

Die Hennenman- en Ventersburg-polisielede was besig om inligting op te volg ná ’n wenk wat ontvang is oor ’n vragmotor met khat-plante wat op Sondag 3 Maart van Johannesburg na Kaapstad gereis het.

Die Bloemfonteinse blitspatrollie is in kennis gestel en die vragmotor is by die Verkeerdevlei-tolhek opgemerk.

Die vragmotor is deursoek en 14 bokse khat is gevind.

’n Verdagte (59) is in hegtenis geneem.

Hy het saam met ’n 34-jarige buitelander gereis. Dié man is aangekla omdat hy die land onwettig binne­gekom het. Die polisie se ondersoek wys dat die buitelander nie deel was van die vervoer van die khat-plante nie.

Altwee verdagtes het op 11 Maart in die Brandfort-landdroshof verskyn en die vragmotorbestuurder se saak is na 2 Julie uitgestel. Borgtog van R500 is aan hom toegestaan.

Die buitelander het reeds in die hof verskyn en bly in aanhouding.

You need to be Logged In to leave a comment.