Die polisie in Welkom doen ’n geregtelike doodsondersoek ná ’n man van Welkom, Derrick Henderson (57), aan ’n skietwond dood is.
Die voorval het in Flamingopark, Welkom plaasgevind en die omstandighede rondom sy dood word ondersoek.
“Na bewering was hy en ’n paar vriende by sy huis. Omstreeks 02:00 op Sondag (09/07) het hy na bewering ’n vuurwapen van een van die besoekers gehad en ’n skoot het afgegaan. Hy is noodlottig gewond toe die koeël hom in die kop getref het.
“Geen gemene spel word vermoed nie,” sê kapt. Loraine Earle, skakelbeampte vir die SAPD in die Vrystaat.