’n Voormalige voorsitter van die Welkom Retirement Village-raad, Beverley-Ann Shahia, moet haar huis in dié oord vir bejaardes in die Vrystaatse Goudveld teen Vrydag ontruim nadat haar aansoek om verlof tot appèl teen ’n uitsettingsbevel misluk het.


’n Man van Ventersburg is lewenslank tronk toe gestuur vir die moord op sy vriendin.

Seleke Aaron Sinakhomo (31) is op Vrydag 24 Maart in die Ventersburg-landdroshof gevonnis.

Hy is ook tot ’n verdere drie jaar tronkstraf gevonnis vir die aanranding van sy vriendin.

Op 6 Februarie 2022 het Sinakhomo sy vriendin met sy vuiste voor die supermark in Mmamahabane, Ventersburg, geslaan.

Vyf dae later toe die twee by sy woonplek gekuier het, het hy haar herhaaldelik met ’n mes gesteek. Sy is op die toneel deur polisiebeamptes en medici dood verklaar.

Nadat Sinakhomo gevonnis is, het die waarnemende distrikskommissaris van Lejweleputswa, brig. Mzondi Mojafi, gesê hierdie man verdien nie om in die samelewing te wees nie.

You need to be Logged In to leave a comment.