Man kan polisie help met opsporing

Die Welkom-polisie benodig hulp om Lawrence Louis Coetzee (49) op te spoor. Hulle glo hy het inligting wat kan help met ’n saak waarin ’n 14-jarige tienermeisie van Seemeeupark verkrag is.


Die Welkom-polisie benodig hulp om Lawrence Louis Coetzee (49) op te spoor. Hulle glo hy het inligting wat kan help met ’n saak waarin ’n 14-jarige tienermeisie van Seemeeupark verkrag is.

’n Saak van verkragting is geopen nadat die kind na bewering sedert 2021 verkrag is, en sy dit eers in April 2023 by haar ma aangemeld het.

Die misdaad is gepleeg terwyl die ma nie by die huis was nie, en die slagoffer onder die verdagte se sorg was.

Hy het haar gedreig om nie vir haar ma of enigiemand van die verkragting te sê nie. Sy was bang vir hom.

Die tienermeisie het daarin geslaag om haar ma deur middel van ’n WhatsApp-boodskap te vertel dat die verdagte haar dreig.

’n Saak van verkragting is vir verdere ondersoek geregistreer. Die verdagte het ontsnap en is nog nie in hegtenis geneem nie.

Enigiemand met inligting oor waar Coetzee hom bevind om te help met die opsporing en inhegtenisname van die verkragtingsverdagte, moet speursers. Mabote Lebone van die Welkom-eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GKS) by 082-885-2428 kontak, of die Crime Stop-nommer 08600-10111. ’n Anonieme wenk op die My Saps-App kan ook gelaat word.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.