Die Welkom K9-eenheid het Sondag (13/08) ’n verdagte in Thabong in hegtenis geneem nadat ’n kaping daar plaasgevind het.
Daar is glo op die slagoffer geskiet.
Die polisie het die gekaapte vragmotor gevind en daarop beslag gelê.
Dwelms en apparaat vir die gebruik van dwelms is by die verdagte gevind.
Hulle het ook vragmotorsleutels, ’n 9 mm-vuurwapen met 13 patrone, die selfoon van die slagoffer en ’n vragmotorbattery by hom gekry.