Die verdagte wat ‘n 40-jarige mynwerker by een van die plaaslike myne is, is in hegtenis geneem vir die besit van plofstof.

SAPS stock Photo

Die Virginia-polisie het ‘n 40-jarige man inhegtenis geneem nadat hulle plofstof versteek in ‘n sak by hom gekry het.

Die SAPD het Vrydag (15/07) omstreeks 18:20 inligting ontvang oor ‘n man met plofstof wat in ‘n sak versteek is.

Hy het in Bullionstraat in Virginia gestap. Die man is deursoek en die polisie  het skokgolfsamestellings, skietpatrone en ‘n skokgolfaansitter in die sak gevind.

Die verdagte wat ‘n mynwerker by een van die plaaslike myne is, is in hegtenis geneem vir die besit van plofstof. Hy sal vandeesweek in die Virginia-landdroshof verskyn.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Vista E-Edition 4 December 2025
    Vista E-Edition 4 December 2025

Gift this article