Man dood in skietvoorval in Welkom

’n Middeljarige man is doodgeskiet tydens ’n skietvoorval in Doorn, Welkom.


’n Middeljarige man is doodgeskiet tydens ’n skietvoorval in Doorn, Welkom.

Welkom man in kop geskiet

Die Welkom-blitspatrollie is 6 November na ’n huis in Nyalastraat ontbied waar ’n familielid vir die polisie ’n man wat in ’n plas bloed op die grond gelê het, gewys het.

Hulle het ook die vuurwapen en die verdagte aan die polisie uitgewys.

Die oorledene het nie ’n hemp aangehad nie, en was geklee in ’n swart denim-broek en hy het sportskoene aangehad. Die oorlede het ’n skietwond in sy kop gehad.

Die polisie het beslag gelê op ’n silwer rewolwer met ’n swart handvatsel en twee rondtes lewendige ammunisie wat op die gras gevind is.

Die polisie het beslag gelê op ’n silwer rewolwer

’n Saak van moord is geopen en ’n 41-jarige verdagte is op die toneel in hegtenis geneem. Die motief vir die moord is onbekend. ’n Ondersoek na die moord word deur sers. Tsie Matlokotsi van Welkom Ernstige en Geweldsmisdade gedoen.

Die verdagte, Frederick Johannes Venter, het op 8 November in die landdroshof in Welkom verskyn en die saak is tot 1 Desember vir verdere ondersoek uitgestel. Venter is borgtog van R500 toegestaan.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.