Man (50) vasgetrek met perlemoen van meer as R22 miljoen

’n Verdagte (50) is deur die Valke se Ernstige Georganiseerde Misdaad-ondersoekspan in Welkom, saam met die Kroonstad-hoofwegpatrollie, vir die besit van perlemoen in hegtenis geneem.


’n Verdagte (50) is deur die Valke se Ernstige Georganiseerde Misdaad-ondersoekspan in Welkom, saam met die Kroonstad-hoofwegpatrollie, vir die besit van perlemoen in hegtenis geneem.

Op Dinsdag 5 Julie is inligting deur die Valke se Ernstige Georganiseerde Misdaad-ondersoekspan in Bloemfontein ontvang oor die verdagte wat besig was om perlemoen van die Vrystaat na Gauteng te vervoer.

Lede van Welkom se Ernstige Georganiseerde Misdaad-ondersoekspan en die Kroonstad-hoofwegpatrollie se hulp is ingroep. Hulle het die Tata-vragmotor gevolg en dit by ’n vulstasie in Kroonstad gestop. Tydens die deursoeking van die vragmotor het die polisie 26 bokse perlemoen ontdek met 8 381 eenhede ter waarde van meer as R22 miljoen.

Daar is beslag gelê op die perlemoen, die vragmotor en R25 000 kontant, wat in die verdagte se besit gevind is.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.