Welkom-Gimnasium se slaagsyfer wat betre­f die nasionale seniorsertifikaat­eksamen (NSS) vir 2022 is 97,1%. Die skool is onder die tien toprekeningkundeskole in die Vrystaat. Die twee beste matriekpresteerders is Kayle Botha (foto), wat sewe onderskeidings behaal het, en Liandre Long, met ses onderskeidings. Die 173 matrikulante in die klas van 2022 spog met altesaam 136 vakonderskeidings. Die skool se tien topmatrikulante alleen het 46 onderskeidings behaal. Altesaam 63% van die leerlinge wat geslaag het, is toelating tot graadstudie toegestaan. Foto: Verskaf