Die 135 Matriekleerlinge in die klas van 2022 aan die Goudveld-Hoërskool het ’n slaagsyfer van 98,5% behaal, waarvan 73% universiteitsvrystelling gekry het en 25,5% toegang tot diplomastudie. Die skool se twee toppresteerders is Bertus Human (Foto) met sewe onderskeidings en Simoné Demmer, wat ses onderskeidings gekry het. Bertus is onder die 100 topleer­linge in die Vrystaat. Die 11 topleerlinge van die skool het 41 onderskeidings behaal. Foto: Verskaf