No caption found

Poster

Alle atlete, draf- en stapliefhebbers word uitgedaag om die 22ste Mediclinic Vista padwedloop, met die tema “Sparkling Star Celebration,” aan te pak. Vra jou vriende, kollegas en sakevennote om aan hierdie opwindende padwedloop deel te neem ter ondersteuning van ’n goeie doel.

“Met die bekende Capital Sounds-uitsaaieenheid aanwesig, kan jy ’n dag van opwinding, vermaak en musiek verwag. Moet ook nie die 15 waterpunte, borge en ander belanghebbendes op die roete vergeet wat jou deur die wedloop sal aanmoedig en ondersteun nie. By die wenstreep sal jy die trotse eienaar wees van ’n nuut-ontwerpte goue medalje vir die 22ste geleentheid,” sê Hilde du Plessis, voorsitter van die Eskom-atletiekklub FS en organiseerder van die byeenkoms.

Die wedloop bied iets vir almal: van ’n 1.6 km wedloop vir kinders (7 tot 15 jaar), die 5 km pretloop vir vroue, tot die nuwe ope 5 km-uitdaging vir mans en vroue. Daar is ook ’n rolstoelwedren vir gestremdes.

Deur aan te sluit, steun jy KANSA, Charlotte Moll Haven, en die SANBS-bewusmakingsveldtog. Daar is baie pryse op die spel.

“Die nuut-ontwerpte Pro-Laser-trofee sal aan die topdrie deelnemers in elke wedloop toegeken word. Daar is ook verskeie geborgde pryse wat op die dag uitgedeel sal word,” voeg Du Plessis by.

Die skool met die meeste inskrywings in die ope 5 km en 5 km pretloop sal ’n skootrekenaar, geskenk deur Lesedi ICT, wen. Twee tablette sal deur ’n gelukkige trekking toegeken word aan deelnemers van die 5 km ope en 5 km pretloop.

Besighede en sportklubs wat die meeste inskrywings vir die ope 5 km en 5 km pretloop vir vroue het, sal ook ’n gelukkige prys ontvang.

Individuele en groepdeelnemers kan meeding vir die Spirit en Best Dressed-toekennings. Die topdrie waterpunte met die beste gees, mees inspirerende, bes versierde en groenste wedloop sal ook trofeewenners wees.

You need to be Logged In to leave a comment.