Die jeugvleuel van die AfriForum-tak in Bothaville het op 21 Januarie die dorp skoongemaak deur vullis op te tel. Henno Nel (jeugvoorsitter) het met ’n span van tien hoërskoolleerlinge die deel tussen die dorp en Meyerhof, asook ’n paar omliggende strate skoongemaak. Hulle het ’n 2,5 km gebied skoongemaak en het altesaam 20 kunsmissakke vol vullis opgetel. Die tak moedig die gemeenskap aan om by projekte soos dié betrokke te raak. SMS “Bothaville” na 45344 (R1) om betrokke te raak.Foto: Verskaf


Maak dorp saam skoon

You need to be Logged In to leave a comment.