Ses spelers van Welkom-Gimnasium is ingesluit in die o.18-Griffonspan wat in die Julie-skoolvakansie aan die jaarlikse Cravenweektoernooi deelgeneem het. Die toernooi het vanjaar in George plaasgevind. Die Griffons het met 43 – 22 teen die Limpopo Blou Bulle gewen, met 22 – 50 teen die Luiperds verloor en Grens met 29 – 20 geklop. Die Griffon-spanafrigter, Roean Bezuidenhout, is ook van Welkom-Gimnasium. Van links is, voor: Buhle Nqxaboyi en Jayden Auld Credit: SYSTEM