Die polisie soek die ma van ’n pasgebore babameisie wat op 24 September dood naby ’n hondehok by ’n huis in Thabong gevind is.
Die eienaar van die huis het die baba langs die hondehok ontdek.
Hy het die baba toegedraai en die polisie ontbied, waarna nooddienste die baba dood verklaar het.
’n Nadoodse ondersoek het getoon dat die baba verwurg is.
Die polisie soek nou na die ma, wat dalk met die ondersoek kan help.
Enigeen met inligting kan konst. Sechele Machesa by 068-020-4719 bel, of die Stop Misdaad-nommer by 086-00-10111 of die My SAPS-app gebruik.