Ma brand kinders met strykyster, kry opgeskorte vonnis

’n Sewe-en-dertigjarige ma, wat haar drie kinders met ’n strykyster gebrand het, het se vonnis van vier jaar gevangenisstraf is vir vyf jaar opgeskort.


’n Sewe-en-dertigjarige ma, wat haar drie kinders met ’n strykyster gebrand het, se vonnis van vier jaar gevangenisstraf is vir vyf jaar opgeskort.

Die streekhof in Welkom het die ma van die drie minderjarige slagoffers, ’n 11-jarige en ’n tweeling van 9-jaar, gevonnis vir aanranding met die doel om ernstig te beseer. Die beskuldigde se vonnis is geheel en al opgeskort vir vyf jaar op voorwaarde dat sy nie weer skuldig bevind word aan ’n soortgelyke oortreding nie. Sy moet ook ’n DSD-ouerskapprogram suksesvol ondergaan. Die veroordeelde ma is ook onbevoeg verklaar om ’n vuurwapen te besit.

Tydens die verhoor het dit na vore gekom dat die kinders op 1 Junie op die bed gespring het. Hulle het begin baklei, en die ma het hulle geroep en hulle beveel om hul hande op die strykplank te sit. Sy het toe hulle hande met die strykyster gebrand.

Nadat sy hulle gebrand het, het sy hulle bed toe gestuur. Die volgende dag het een van die tweeling gehuil en ’n geraas gemaak. Haar ma het haar weer beveel om haar hande op die strykplank te sit, en sy het haar weer gebrand.

By die skool het die onderwyser die brandwonde opgemerk en by een van die kinders navraag gedoen oor wat gebeur het.

Die seun het vir haar vertel dat al drie kinders deur hulle ma gebrand is en wat die rede agter die straf was.

Die onderwyser het die saak by die polisie aangemeld.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.