Op 1 June 1973 het Louis Massyn sy eerste Comrades Ultra-marahon in ’n tyd van 10:14:00 voltooi. Vanjaar pak Massyn sy 48e Comrades aan en hoop om dit in 11 uur te voltooi. Hierdie is Massyn se heel eerste wedstryd medal van 1973. Sy posisie was 1009.Foto: Verskaf

Credit: SYSTEM

Op 1 June 1973 het Louis Massyn sy eerste Comrades Ultra-marahon in ’n tyd van 10:14:00 voltooi. Vanjaar pak Massyn sy 48e Comrades aan en hoop om dit in 11 uur te voltooi. Hierdie is Massyn se heel eerste wedstryd medal van 1973. Sy posisie was 1009.Foto: Verskaf

Op 1 Junie 1973 het Louis Massyn (72) sy eerste Comrades-marathon gehardloop, en op Sondag 11 Junie hardloop hy vir sy 48ste medalje in hierdie uitdagende ultra-marathon.

In 1978 het Massyn die wedloop in 10:14:00, posisie 1009 voltooi, sy beste tyd in die Comrades was in 1979 toe hy in ’n tyd van 6:25:00 voltooi het.

Massyn beplan om vanjaar die wedloop binne 11 uur te voltooi.

Massyn het ook die Two Oceans-marathon ’n verbysterende 46 keer voltooi.

Vanjaar vind die Comrades p plaas van Pietermarizburg na Durban 88 km en nagenoeg 17 600 atlete het vanjaar gekwalifiseer.

“Vanjaar het ek reeds my sesde Groot-wêreld­marathon in Tokyo gedraf. In 2024 hoop ek om aan die spesiale marathon, wat oor die Olimpiese Spele-roete aangebied gaan word, te draf.

“Daar word nagenoeg 500 atlete uitgenooi op aanbeveling. Ek hoop om een van die uitgesoekte atlete te wees.

“My aanbeveling word gedoen deur die Detroit FreePress Marathon in Amerika,” sê Massyn.

Hy is vanjaar na verskeie paneel besprekings uitgenooi, en sy oefening vir vanjaar se Comrades was goed.

Hy het reeds 1 200km sedert Januarie 2023 gedraf.

Oor sy jarelange deelname aan die Comrades het Massyn tien silwermedaljes verwerf.

Hy is ’n lid van die Goudveld-multisportklub.

Hy en sy vrou, Rita, sy grootste ondersteuner, woon in Odendaalsrus waar hy al sy hele lewe lank woon.

You need to be Logged In to leave a comment.