Vrydagaand 6 Desember se liggiefees en straatmark voor die Bult-aftreeoord in Bultfontein was ’n reuse-sukses. Uitstallers en besoekers het van so ver soos Bloemfontein gereis om aan die verrigtinge deel te neem. Die straat voor die aftreeoord was afgesper en in ’n groot teetuin omskep. Daar was ongeveer 40 stalletjies en ’n groot verskeidenheid Kersgeskenke is te koop aangebied. Daar was ook talle kosstalletjies. Foto: Marti Will