’n Liggiefees en straatmark vind op Vrydag 6 Desember voor die Bult-aftreeoord in Bultfontein plaas.
Die verrigtinge begin om 16:00 en duur tot laat.
Die straat voor die aftreeoord word vir hierdie doel afgesper en in ’n groot teetuin omskep.
Ongeveer 40 stalletjies, met ’n Kersfees-atmosfeer, kan verwag word.