Welkom-Gimnasium het vanjaar by die jaarlikse Food and Bevergae Institute (FBI) se Sjef van die jaar-kompetisie vir 2023 wat in Bloemfontein gehou is, derde geëindig. Die skool het ook die pryse vir die skool met die meeste inskrywings en die skool met die beste higiëne ontvang. “FBI wag elke jaar in spanning vir die pak inskrywings van Welkom-Gimnasium. Hierdie is sonder twyfel die skool wat die meeste inskrywings instuur en vanjaar was weer beter as die vorige jaar. Helene Rossouw van Welkom Gimnasium is ’n ware staatmaker-onderwyseres wat al diep in die FBI harte gekruip het. Haar liefde en passie vir haar leerders kan in elke inskrywing gesien word. Al nege finaliste van die skool het onder die top tien van die 16 finaliste geëindig. Op die foto is Reuben Louw (links), derde plek en beste higiëne, saam met Rossouw.Foto: Verskaf