Teleurgesteld, Virginia:
Dit is met groot teleurstelling dat ek dié e-pos skryf.
As ’n oudleerling van ’n hoërskool in Virginia het ek my kind in dieselfde skool gesit, wetend dat daar orde en respek in die skool is (of laat ek dit net regstel: was).
Ek ry om my kind te kry ná ’n sokkie. Terwyl ek om die skool ry, sien ek leerlinge wat staan en drink, sigarette of “hubbly” rook – en die reuk van dagga kan plek-plek geruik word.
Is dit net ek as ’n ouer wat dit raaksien en ruik, of kyk die onderwysers dit met opset mis.
Ja, dit is die ouers wat hul kinders toelaat, maar die onderwysers moet ook dinge keer by ’n skoolsokkie.
Waar is die skoolhoof? Dit is immers sy plig om dié soort optrede by die skool te bekamp.
“Skool van eerste keuse,” wat ’n grap.