Die Goudveld-Hoërskool se landbouleerlinge het op die chemie-landboudag by die Welkom-lughawe meer oor landbou-chemie en die baanbrekers in hierdie veld geleer. Van links is Hannes Taljaard, Elrico Weideman, Hanno van der Berg, Lize-Mari Coetzee (onderwyser) en Chenike van der Merwe.Foto: Verskaf


Die Goudveld-Hoërskool is genooi na InteliGro se chemie-landboudag wat op 16 Oktober by die Welkom-lughawe gehou is.

Die leerlinge het oor die chemiese aspek van landbou geleer, soos watter gif gespuit kan word vir sekere peste en onkruid.

“Ons het ook geleer hoekom dit belangrik is om jou saad, onder andere, in te ent,” sê Lize-Mari Coetzee, onderwyser.

Die leerlinge het ook ’n demonstrasie gekry oor hoe gif oor lande met vliegtuie gespuit word.

Goudveld het vier landbou-leerlinge na die landboudag geneem.

Coetzee sê die skool het vanjaar 104 landbouleerlinge in gr. 8.

Hierdie geleentheid het leerlinge ook die ge­leentheid gegee om by boerdery betrokke te raak.

“Ons landbou-leerlinge begin so stuk-stuk van die ryp groente te oes. Die Gouties se groentetuin kom nou mooi aan die gang,” sê Coetzee.

You need to be Logged In to leave a comment.