Marti Will
Die Voluit Primêre Skool bied die afgelope sewe jaar boogskiet as ‘n sportsoort by die skool aan, en jaarliks het dié span van krag tot krag gegaan en uistekende skuts opgelewer.
Dié skool is deel van die AGA Boogskiet-liga wat nasionaal by skole en klubs aangebied word. Daar word beraam dat daar sowat 8 000 skuts by die sportkuns in Suid-Afrika betrokke is. Op 1 Maart was daar ‘n interskole AGA Boogskiet-kompetisie wat deur Voluit en die Höerskool Hentie Cilliers aangebied is.
Meer as ‘n honderd skuts het deelgeneem.
“Boogskiet is ‘n wonderlike sport vir gesinne, aangesien daar ouers is wat saam met hul kinders deelneem,” sê Anuschka Cronje, woordvoerder vir Voluit.
By die nasionale kampioenskappe in 2024, wat in Kimberley gehou is, het Voluit sewe skuts gehad wat die Vrystaat verteenwoordig het.
“Voorwaar ‘n puik prestasie vir die Voluit,” sê Cronje.