Hier is Isla Claire van der Spuy (gr.R). Foto: Verskaf

Leerlinge, ouers en onderwysers aan die Primêre Skool Naudeville het vir Mandeladag ‘n uitstappie na die Blessings-diereskuiling onderneem.

“Ons doel was om die diere te besoek, kos of komberse te skenk, of sommer net liefde en aandag te gee. Ons is baie trots op ons ouers en leerlinge, wat die uitdaging gewen het as 29 besoekers – teenoor nege onderwysers,” sê Lizande Myburgh, onderwyser.

“Blessings het ons bederf met ‘n heerlike ervaring tussen katte, honde, hase, beeste, ganse en selfs ‘n oulike varkie. Die terrein is pragtig, en ons kinders kon speel en rondhardloop. Daar was selfs kans om rustig te sit. Dit was beslis ‘n uitstappie wat almal sal onthou – vol liefde, lag en leer.”

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article