Die Goudveld-Hoërskool was tweede uit 29 skole op die SHS-uitnodigingsbyeenkoms wat op Sondag 2 Februarie in Sasolburg plaasgevind het.
Sewe van die skool se atlete het plekke onder die 50 topatlete behaal, en vyf atlete het ses rekords verbeter.
- Verder het die skool se topatlete 15 goue medaljes verwerf: Britz Reinders (o.16): in spiesgooi en die 110 m-hekkies. ) Malan Marx (o.19): diskus, spiesgooi en gewigstoot.) GJ Wessels (o.17): verspring en driesprong.) Lynn-Mari Louw (o.17): diskus en gewigstoot. ) Grace Khumalo (o.19): 100 m-hekkies. ) Audell Steenkamp (o.15): hoogspring. ) Stephan du Toit (o.14): diskus en gewigstoot. ) Justin Swaine (o.15): diskus.) Ki van den Berg (o.14): 400 m. ) Amoré Vorster (o.14): diskus en gewigstoot.
Rekords op die byeenkoms is deur Justin Swaine (diskus), Lynn-Mari Louw (diskus), GJ Wessels (driesprong en verspring), Stephan du Toit (gewigstoot) en Britz Reinders (spiesgooi) verbeter.
Die skool se 19 silwermedaljes is deur 16 van sy atlete gewen, en die 13 bronsmedaljes deur 11 atlete.