Duur data, onstabiele internetverbindings weens swak seine en kragonderbrekings, die installering van ekstra duur sagteware op ’n rekenaar; alles in ’n poging om tuisonderrig aanlyn te doen – dit is nou iets van die verlede. Brainline se Brain-in-a-Box, gerieflik op ’n USB-toestel gelaai, is die antwoord op al hierdie uitdagings.
Brainline se gehalte Suid-Afrikaanse kurrikulum bied ’n volledige produk met alle vakke vir leerlinge van gr. 4 tot gr. 7. Dit is in Afrikaans of Engels beskikbaar en bevat video-lesse en assessering. Vakke sluit in: Afrikaans, Engels, wiskunde, lewensvaardigheid, natuurwetenskap en tegnologie, asook sosiale wetenskap (geografie en geskiedenis).
Die materiaal is interaktief en gebruikersvriendelik, en riglyne vir nasien en selfstudie is in die portefeuljepakket van take en toetse ingesluit.
Brain-in-a-Box is in ooreenstemming met die Suid-Afrikaanse kurrikulum saamgestel en is ’n uitstekende ondersteuningsproduk vir leerlinge in tradisionele skole. Dit dien ook as ’n doeltreffende toets-produk vir diegene wat onseker is of digitale produkte vir hul gesin sal werk.
Omdat leerlinge met dié “plug and play”-USB-toestel nie van die internet afhanklik is nie, is dit besonder nuttig in meer afgeleë gebiede of in gebiede waar internetverbinding onstabiel is.
Die toestel kan op ’n Apple Mac en Windows-rekenaar gebruik word. Leerlinge kan, met die hulp van ’n ouer of voog, die akademiese materiaal maklik ontvang.
Dié vernuwende oplossing is die nuutste produk van Brainline, wat al meer as 37 jaar tuisskool-oplossings vir leerlinge van gr. R tot gr. 12 bied.
Brainline was die eerste aanlyn verskaffer vir tuisskoolonderrig wat erkenning van die Independent Examinations Board (IEB) ontvang het.
Besoek brainline.com of shop.brainline.com aanlyn; skakel 012-543-5000; of stuur ’n e-pos met navrae na info@brainline.com.