Protea Laer Goudvelde

Protea Laer Goudvelde

Die Protea-volkspelelaer sal Dinsdag (01/02) om 19:00 sy weeklikse oefensessies hervat.

Dit word in die NG Moedergemeente Riebeeckstad se kerksaal aangebied.

“Vanjaar word die Ribbok-volkspelelaer vir juniors in Riebeeckstad gestig, en leerlinge word aangemoedig om Vrydae oefensessies by te woon,” sê Ollie Olivier, laerleier.

“Toeskouers en ondersteuners van volkspele is ook welkom om te kom kyk hoe lede die spele geniet.”

Belangstellendes kan Olivier by 082-775-6420 of Leana Olivier by 076-339-6418 bel om meer inligting oor die Protea-volkspelelaer te bekom.

Anita Pieterse kan by 079-923-8701 gebel word in verband met die nuwe Ribbok-volkspelelaer.

You need to be Logged In to leave a comment.