Langasems durf een van die grotes aan

Altesaam 35 atlete van die Harmony Striders-hardloopklub het aan die 56 km-wedloop van die Twee Oseane-marathon deelgeneem, en sewe het aan die 21,1 km deelgeneem.


Altesaam 35 atlete van die Harmony Striders-hardloopklub het aan die 56 km-wedloop van die Twee Oseane-marathon deelgeneem, en sewe het aan die 21,1 km deelgeneem.

Die klub neem die afgelope 15 jaar aan dié marathon deel, maar daar is van die atlete wat al 20 hiervan voltooi het.

Elkeen van die atlete wat hulle vir die 56 km-wedloop inskryf, moet ’n kwalifiseringswedloop voltooi, net soos met die Comrades-marathon, sê Rina Nel, die klub se sekretaresse.

“Sodra jy die qualifier gedoen het, moet jy jou detail by Two Oceans op datum bring sodat jou inskrywing geldig is.”

Erich Cornelissen het deelgeneem aan die 56 km-wedloop van die Twee Oseane-wedloop. Hy en sy klubmaat Muso Molefi het blou nommers ontvang.

Atltete het net sewe uur om die 56km te voltooi, en presies die helfde van dié tyd vir die 21,1 km.

Ntombizodwa Danisa, een van die klub se 35 atlete wat hulle vir die 56 km ingeskryf het, was ook die enigste vroue-atleet van die klub wat die afstand voltooi het.

Die wêreldberoemde Twee Oseane-marathon het op 13 en 14 April in Kaapstad plaasgevind.

Meer onlangs het Harmony Striders se Noelene Botes op 27 April aan die 10 km OMAC Freedom Day-wedloop in Oos Londen deelgeneem.

  • Harmony Striders, in samewerking met Engen sal op 18 Mei die Engen-speelgoedwedloop aanbied. Die wedloop word oor 5 km, 10 km en 21,1 km gehardloop. Dit begin om 14:00 by die Welkom-kloktoring in Stateway.

Bel Rina Nel by 071-682-6615 of Deon Lodder by 082-921-3330 vir inligting.

You need to be Logged In to leave a comment.