Tydens die Talent Africa-kompetisie is twee studente aan die Goudveld Kunste Akademie, Amy-Rose Castro en Ryan Martin, as toppresteerders aangewys.
Amy-Rose is as die beste junior kunstenaar vir die kreatiewe kunste-afdeling op internasionale vlak aangekondig, en Ryan as die beste senior kunstenaar vir dieselfde afdeling, ook op internasionale vlak.
Vroeg in 2024 het die akademie, onder leiding van Lana Combrinck van ArtC, 11 kunswerke ingeskryf vir Talent Africa se internasionale ronde, Stars of the Universe.
Vier kunswerke ontvang ’n silwermedalje en sewe kunswerke ontvang ’n goue medalje.
Tydens Talent Africa se nasionale ronde word vier juniors en vier seniors van die kunsskool aangewys as onder die topvyf in die junior- en senior-kategorie van die kreatiewe kuns-afdeling.
By die juniors kry Katrien Schepers die beste tegniek-toekenning en Lira Schepers die beste konsep-toekenning
Onlangs het die Goudveld Kunste Akademie se kunsskool ook sewe kunswerke ingeskryf vir Digiform Poland se aanlyn internasionale kompetisie.
Amy-Rose en Lené van Lingen het albei tussen 90% en 99,99% vir hul kunswerke ontvang. Twee kunsstukke het tussen 80% en 89,99% ontvang en drie kunswerke het tussen 70% en 79,99% op internasionale vlak ontvang.