Tommy Reinecke (operasionele hoof by Monte Bello), Jeannine van Zyl (middel, hoofbestuurder van Sentraal24, waarvan Vista en BloemNuusBloemNuuspubli­kasies is) en Jeanne-Mari van der Berg (venue-bestuurder van Monte Bello) klink ’n glasie oor van die versnaperings wat beskikbaar sal wees op die Monte Bello-fees op 7 September.Foto: Lientjie Mentz


Fynproewers kan hulle solank gereed kry vir ’n daglange fees met heerlike kos en ’n keur van die lekkerste wyn, brandewyn en jenewer Z met vermaak deur Steve Hofmeyr Z by Monte Bello buite Bloemfontein.

Die Monte Bello-fees bied op Saterdag 7 September aan gaste ’n groot verskeidenheid proe-stalletjies en heerlike kos.

Gaste kan proe aan wyn, asook ’n verskeidenheid ander drankies, soos Vuilhond-brandewyn, Dirty Dog-jenewer, Dirty Monkey-rum en -likeur, Gelston se wiskey, Sombrero-tequila en KWV-brandewyn.

Van die land se voorste wynplase, soos Jakkalsvlei, Alvi’s Drift en Hermanus­pietersfontein sal verteenwoordig word.

Kosstalletjies bied aan gaste die geleentheid om te kies uit heerlike peuselkos: van soetgoed en Mooivlakte se haloumi, tot Monte Bello se skaap op die spit en roosterkoekbraaibroodjies.

Daar gaan ook ’n stalletjie wees met biltong en droëwors.

Benewens die verskeidenheid eetgoed sal daar 15 stalletjies wees waar allerlei produkte te koop is.

Dit sluit in Liedjiesbos se olywe, badprodukte en olyfolies; Aggetoggie en Lyla-Lyfies se babaklere en klere vir premature babas; mooi klere van #WANT; en vir die manne Wilder Clothing se rugbytruie.

Spesiaal vir kinders is daar ’n speelarea en stalletjies wat bederfgoedjies vir hulle verkoop, soos Elize Sweeties, Tropical Fruit Ice en Towerbos.

Die kinders sal kan baljaar op springkastele en smul aan spookasem en ander lekkernye.

Daar gaan nie net heelwat te koop wees nie, maar ook die geleentheid vir gaste om hulself met ’n vinnige spa-behandeling en ’n glasie vonkelwyn te bederf.

Vir die sportliefhebbers sal die rugbywedstryd tussen die Springbokke en Nieu-Seeland wat om 17:00 in die DHL-stadion in Kaapstad afspeel, ook uitgesaai word.

Kaartjies vir die geleentheid kos R300 en is op computicket.com beskikbaar.

Die kaartjies gee aan gaste ook toegang tot die vertoning van Steve Hofmeyr om 19:30, sowel as ’n optrede deur Ryk Kleinhans om 15:30 op die verhoog.

Elke gas kry ’n proe-glasie en kan ’n verskeidenheid wyn en ander drankies proe.

Die kos op die geleentheid word nie deur die kaartjieprys gedek nie, en betaling op die geleentheid is slegs moontlik met bankkaarte (geen kontant).

  • , susters­koerant van Vista, is die gedruktemediaborg vir die Monte Bello-fees.

You need to be Logged In to leave a comment.