Om jou baba se eerste feestyd-uitstappie aan te pak is ’n spesiale ervaring vir enige ouer.
Of jy nou by familie kuier of op ’n vakansie-wegbreek gaan, die ervaring kan magies wees.
Dit is egter geen geheim dat reis met ’n baba of kleuter ekstra beplanning en voorbereiding verg nie.
Volgens Ronald Govender, hoof van snelbewegende verbruikersgoedere (FMCG) van Dis-Chem Baby City, is noukeurige beplanning die hoeksteen van ’n suksesvolle uitstappie saam met ’n kleintjie.
Hy stel die volgende noodsaaklikhede voor om te oorweeg om ’n aangename reis te verseker.
Om doeltreffend in te pak is van kardinale belang en help met ’n stresvrye reis.
Maak seker dat jy alles vir die reis inpak wat jy nodig het en moenie onnodige items inpak nie.
Hier is ’n lys van wat jy moet pak:
- Doeke en klamsnesies (“wet wipes”): Pak meer as wat jy dink jy sal nodig hê, veral vir langer reise.
- Babakos en versnaperinge: Pak bekende versnaperinge soos vrugte, kaasblokkies, neute saam asook enige spesiale dieetitems wat jou kind benodig. Maak seker dat jy genoeg formule, uitgedrukte borsmelk en babakos saambring wat jou kleinding dalk vir die reis nodig het.
- Babatoerusting: Oorweeg ’n motorstoeltjie, doeksak, liggewig stootwaentjie, ’n draagbare krip en ’n babadraer vir gerief.
- Klerasie: Pak weergeskikte klere, insluitend ekstra lae, in geval van onverwagte veranderinge in weer.
- Medikasie: Moenie enige nodige medikasie vergeet nie. Hou ’n mediese armband vir allergieë en ’n noodhulptassie byderhand wat toegerus is met parasetamol, antihistamiene, antibakteriese room, ’n termometer en antiseptiese doekies.
- Gemaksartikels: Bring jou kind se gunsteling-speelgoed, -komberse of -fopspeen om vermaak en gerief tydens reis te verskaf.
- Babadokumente: Dra belangrike dokumente soos geboortesertifikate en mediese rekords.