Kruisiging van Christus meegemaak danksy gedenkroete

In die aanloop tot Paasfees gaan die.


In die aanloop tot Paasfees gaan die

Gebedsbediening van Erfdeel Gemeente Riebeeckstad tussen 2 April en 9 April kruisstasies oprig waar besoekers die kruisigingsverhaal van Jesus kan beleef.

Om deur die 12 kruisstasies binne en buite die kerk te beweeg, sal besoekers op simboliese wyse die kruisigingsverhaal deurmaak.

Elkeen van hierdie belewenispunte herbesoek ’n gebeurtenis rondom die kruisiging en later die opstanding van Jesus Christus.

Elke stasie sal jou die geleentheid bied om stil te staan by ’n toepaslike skrifgedeelte en die moontlike uitkyk van ’n karakter te ondersoek. Byvoorbeeld, by Petrus of Maria kan besoekers ’n persoonlike toepassing beleef, en word daar ’n voorgestelde gebed verskaf om jou deur die roete te begelei.

Die stasies sal elke dag gedurende daardie week vir besoekers beskikbaar wees en selfs vir mense buite die gemeente.

Hier volg ’n basiese voorstelling:

¦ Stasie 1: Tuin van Getsémané (sien die 30 silwer muntstukke en dink aan Jesus wat verraai is);

¦ Stasie 2: Petrus verloën Jesus (neem ’n stukkie houtskool, skryf jou naam);

¦ Stasie 3: Pilatus was sy hande in onskuld (was jou hande in berou);

¦ Stasie 4: Jesus word gespot (wat beteken die kleed vir jou?);

¦ Stasie 5: Simon dra Jesus se kruis (jy kan aan die kruis vat);

¦ Stasie 6: Jesus se marteling (slaan ’n spyker in die kruis);

¦ Stasie 7: Jesus se klere word verdeel (skeur ’n stuk materiaal);

¦ Stasie 8: Jesus en die misdadigers (staan voor die spieël);

¦ Stasie 9: Jesus word suur wyn aangebied (doop die sponsie in asyn);

¦ Stasie 10: Jesus sterf (die kers is ’n simbool van gebed);

¦ Stasie 11: Graflegging (skuif die teëls soos ’n grafsteen);

¦ Stasie 12: Die leë graf word aangetref (vou die linne oop en gebruik die Nagmaal).

Die Gebedsbediening wil hê dat elkeen die Here se seën sal ervaar met die stap van hierdie gedenkroete. Rig navrae aan Henesia Henning op 072-376-6640.

You need to be Logged In to leave a comment.