Krane in Riebeeckstad al 8 weke leeg

Riebeeckstad se inwoners is nou midde-in die agtste week van ’n voortslepende water­krisis.


Riebeeckstad se inwoners is nou midde-in die agtste week van ’n voortslepende water­krisis.

Die meeste inwoners kry net een dag ’n week water uit hul krane.

Die probleem kring uit na Odendaalsrus, Ku­tlwanong en Thabong. Hierdie dorpe se watertoevoer word dan daagliks tussen 17:00 en 06:00 die volgende dag onderbreek.

Volgens ’n nuusverklaring het Bloemwater aansienlike pompvermoë by Balkfontein verloor, wat ’n invloed op watervoorsiening na Matjhabeng sal hê.

Riebeeckstad sal nie water ontvang wanneer vlakke laer as 15% daal nie.

Volgens metings wat Woensdagoggend (08/03) gedoen is, staan die vlakke op 0%.

Die waterverbruik is steeds baie hoog en Bloemwater sukkel om die vlakke in die reservoirs te verhoog.

Alle beskikbare oorblywende pompe werk.

Geen geraamde hersteltyd is op hierdie stadium bekend nie, en die situasie sal heel waarskynlik vir ten minste nog twee weke duur.

You need to be Logged In to leave a comment.