Krane in Goudveld steeds leeg

Inwoners van Riebeeckstad, Hennenman, groot dele van Welkom, Ventersburg en Odendaalsrus sit al dae lank sonder water nadat probleme met chemikalieë en ’n beskadigde elektriese motor tot die nuutste waterkrisis gelei het.

Groot dele het nog nie water nie

Dele van Riebeeckstad het die afgelope twee weke net ’n dag lank water gehad, terwyl Ventersburg en Hennenman al van Vrydag (04/02) af sonder water is.

Sedibeng Water het op 27 Januarie gesê hy moet die watertoevoer na dele van Riebeeckstad toedraai om te verseker dat genoeg water na ander gebiede gepomp kan word.

Die watertoevoer na sekere dele en dorpe is Dinsdag (08/02) herstel, maar reservoirs het te min water om na al die dope te pomp.

Dieselfde gebiede was in Januarie, asook in Desember en Oktober verlede jaar, tot twee weke lank sonder water. – Alet van der Walt

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.