Kragkrisis net-net afgeweer

Matjhabeng skuld Eskom meer as R6 miljard.


Matjhabeng skuld Eskom meer as R6 miljard.

’n Kennisgewing deur Eskom om dienste op Oukersaand te staak, het die gemeenskap warm onder die kraag.

Die goeie nuus is dat die onmiddellike staking van Matjahbeng se elektrisiteitslewering op 21 Desember afgeweer is toe ’n aansoek deur Matjhabeng aan die nasionale tesourie se skuldverligtingsprogram suksesvol was.

Die Eskom-kennisgewing lui dat Matjhabeng nie sy kontraktuele verpligtinge nagekom het nie en sy rekening agterstallig is.

Matjhabeng is gedagvaar om teen 21 Desember te betaal, of ’n reëling te tref, anders sou die toevoer aan Welkom sonder verdere kennisgewing beëindig word.

Hulle is beveel om die volle uitstaande bedrag, insluitend rente, te be-taal.

Shediso Tlali, woordvoerder van die uitvoerende burgemeester, Thanduxolo Khalipha, sê inwoners word aangemoedig om hul munisipale rekeninge deur die verskillende munisipale veldtogte te vereffen.

“Fase twee van ons munisipale afslag vir besighede en inwoners duur voort om tydige betalings te motiveer.

“Inwoners se samewerking verseker die kontinuïteit van noodsaaklike dienste en ondersteun ons verpligtinge tot dienslewering.”

Die munisipaliteit se veldtog Operasie Kwala, wat die opskorting van dienste aan kliënte met uitstaande munisipaliteit-betalings behels, gaan voort.

“Hierdie veldtog beklemtoon die belangrikheid van tydige betaling vir dienste gelewer om so effektiewe dienslewering te beklemtoon,” sê Tlali.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.